API request for "De la Rey"

Help translate from afrikaans to API song De la Rey by Bok Van Blerk
Requested by: Alfonso Velasco Alfonso Velasco on 14 aoû 2023 - 17:31
S’abonner S’abonner
Paroles originales
afrikaans
Traduction
API

De la Rey

Op 'n berg in die nag, lê ons in die donker en wag.
In die modder en bloed lê ek koud, streepsak en reën kleef teen my.
 
En my huis en my plaas, tot kole verbrand sodat hulle ons kan vang.
Maar daai vlamme en vuur brand nou diep, diep binne my.
 
De la Rey, De la Rey, sal jy die Boere kom lei?
De la Rey, De la Rey
Generaal, generaal, soos een man sal ons om jou val.
Generaal De la Rey.
 
Hoor die Kakies wat lag.
'n Handjie van ons, teen 'n hele groot mag.
En die kranse lê hier teen ons rug.
Hulle dink dis verby.
 
Maar die hart van 'n Boer, lê dieper en wyer, hulle gaan dit nog sien.
Op 'n perd kom hy aan, die Leeu van die Wes Transvaal.
 
De la Rey, De la Rey, sal jy die Boere kom lei?
De la Rey, De la Rey
Generaal, generaal, soos een man sal ons om jou val.
Generaal De la Rey.
 
De la Rey, De la Rey, sal jy die Boere kom lei?
De la Rey, De la Rey
Generaal, generaal, soos een man sal ons om jou val.
Generaal De la Rey.
 
Want my vrou en my kind, lê in 'n kamp en vergaan.
En die Kakies se murg, loop oor 'n nasie wat weer op sal staan.
 
De la Rey, De la Rey sal jy die Boere kom lei?
De la Rey, De la Rey.
Generaal, generaal, soos een man sal ons om jou val.
Generaal De la Rey.
 
De la Rey, De la Rey sal jy die Boere kom lei?
De la Rey, De la Rey
Generaal, generaal, soos een man sal ons om jou val.
Generaal, generaal , sal jy die boere kom haal.
 
Identifiez-vous ou inscrivez-vous pour publier des traductions
expand collapse Song details
Thunderoad Thunderoad
submitted on 19 aoû 2014 - 00:11
Contributeurs :
Droits d’auteur :
Writer(s): Johan Vorster, Bok Van Blerk, Sean Else
Lyrics powered by www.musixmatch.com