Англійська request for "Pampoen"

Help translate from Африкаанс to Англійська song Pampoen by Steve Hofmeyr
Requested by: Mr. Gvprtskvni Mr. Gvprtskvni on 4 Травень 2024 - 21:40
Підписатися Підписатися
Оригінальний текст
Африкаанс
Переклад
Англійська

Pampoen

Sing, sing jou woorde teen my vas
Bring, jou hele lewe in 'n tas
Vat 'n trein na Bloemfontein en die 506 na Petrus Steyn en as jy wil
Vat daar 'n bicycle
 
Volg, volg die grondpad teen die bult
Hol, oor die velde as jy wil
Hier wag ek die jare om vir 'n stofwolk op die horison of iets soortgelyk
Wat soos jy lyk
 
Ek't nog 'n vrot pampoen en 'n stukkende skoen en 'n trekker wat se tyres lek
Vir alles wat ek aan jou gedoen het kom jy by my intrek
Ek't nog 'n vrot pampoen en 'n stukkende skoen en 'n plaas wat ek afbetaal
Vir alles wat ek aan jou gedoen het kom jy om my te haal
 
Stuur, stuur my liefde vir jou ma
Maar as jy kom los haar net daar
Want hier's net plek vir drie van ons dis ek en jy en 'n af-oor hond
Sy naam is Roof
Maar hy's al jare doof
 
Bring, bring daai goedjies wat jou pla
En ek maak 'n ring van ogies draad
Ek spaar nog vir die diamant en 'n donkiekar vir die predikant, ek sal moet blomme leen
Tot dit eendag reën
 
Ek't nog 'n vrot pampoen en 'n stukkende skoen en 'n trekker wat se tyres lek
Vir alles wat ek aan jou gedoen het kom jy by my intrek
Ek't nog 'n vrot pampoen en 'n stukkende skoen en 'n plaas wat ek afbetaal
Vir alles wat ek aan jou gedoen het kom jy om my te haal
 
Ek't nog 'n vrot pampoen en 'n stukkende skoen en 'n trekker wat se tyres lek
Vir alles wat ek aan jou gedoen het kom jy by my intrek
Ek't nog 'n vrot pampoen en 'n stukkende skoen en 'n plaas wat ek afbetaal
Vir alles wat ek aan jou gedoen het kom jy om my te haal
 
Kom jy om my te haal
 
Увійдіть або зареєструйтесь, щоб опублікувати переклад
expand collapse Song details
Mr. Gvprtskvni Mr. Gvprtskvni
submitted on 4 Травень 2024 - 21:40
Авторське право:
Writer(s): Steve Hofmeyr
Lyrics powered by www.musixmatch.com