Engels request for "Elsie"

Help translate from Afrikaans to Engels song Elsie by Die Heuwels Fantasties
Requested by: Mr. Gvprtskvni Mr. Gvprtskvni on 23 dec 2025 - 07:12
Originele teksten
Afrikaans
Vertaling
Engels

Elsie

Elsie
Elsie
Ek mis ons geselsies
Was lief vir jou mense
Nie geworry oor die geld nie
Was die lewe te lank
Sê sy vir my
In ’n oogwink
Is dit dalk als verby
Oh Elsie
Elsie
Ek weet wie’s jy
Ek weet wie’s jy
 
Sy’t nooit te veel nie
Maar sy kort min
As die bome geld kon groei
Sou sy dit in sakkie vir die mense bring
 
Sy’t ‘n useless graad
Werk agter die bar
‘N boyfriend of twee gelos en
Weer op gemaak daarna
 
So die tyd staan stil
As sy beweeg
Die berge glimlag breed
As die skemer die son op eet
 
Elsie
Elsie
Ek mis ons geselsies
Was lief vir jou mense
Nie geworry oor die geld nie
Was die lewe te lank
Sê sy vir my, want
In ’n oogwink
Is dit dalk als verby
Oh Elsie
Elsie
Ek weet wie’s jy
Ek weet wie’s jy
 
Sy weet haar pa is trots
En haar ma rus sag
Sy help waar sy kan
Terwyl sy wag
Vir die dag
 
Maar nou sit Elsie en kyk
Uit hierdie tronksel van ‘n dorp
Sy wonder by haarself
Wat het van ons geword?
 
So die tyd staan stil
As sy beweeg
Die berge glimlag breed
As die skemer die son op eet
 
Elsie
Elsie
Ek mis ons geselsies
Was lief vir jou mense
Nie geworry oor die geld nie
Was die lewe te lank
Sê sy vir my, want
In ’n oogwink
Is dit dalk als verby
Oh Elsie
Elsie
Ek weet wie’s jy
Ek weet wie’s jy
 
 
Login of registreer om een vertaling te plaatsen.
expand collapse Song details
Mr. Gvprtskvni Mr. Gvprtskvni
submitted on 23 dec 2025 - 07:11