IPA (Alfabeto fonetico internazionale) request for "Die Gang"

Help translate from Afrikaans to IPA (Alfabeto fonetico internazionale) song Die Gang by Laurika Rauch
Requested by: Alfonso Velasco Alfonso Velasco on 15 Gen 2024 - 19:33
Iscriviti Iscriviti
Testi originali
Afrikaans
Traduzione
IPA (Alfabeto fonetico internazionale)

Die Gang

In die donker gang is ′n lig wat skyn
Maar die vlam is delikaat en fyn
En ek het verlang na die lentetyd
Op my oom se plaas sonder elektrisiteit
 
My tannie sê my kind, my kind
Die liefde en die motte is blind
Vanmelee se dae in die lentetyd
Was daar wel, ja wel 'n bietjie elektrisiteit
 
Diep in die donker gang het ek na iets verlang
Ek het die wind hoor sing, lente sal liefde bring
Ek het die dag hoor kwyn, dis net die son wat nou verdwyn
En soos die aarde draai, sal ′n haan weer kraai
 
In die donker gang is 'n skildery
Van De Wet, Cronjé' en De la Rey
En die perde se oë het moeg gelyk
Want die strewe na vrede is ′n eindelose stryd
 
Laat een aand word die nag soos dag
Soos die storm bars met al sy krag
En ek het in die gang weggekruip
Want ek was so bang vir die elektrisiteit
 
Diep in die donker gang het ek na iets verlang
Ek het die wind hoor sing, lente sal liefde bring
Ek het die dag hoor kwyn, dis net die son wat nou verdwyn
En soos die aarde draai, sal ′n haan weer kraai
 
In die donker gang word die vlam weerkaats
In die prente waar die skadu's dans
Maar die vlam is delikaat en fyn
En dit kan soos ′n dief in die donker nag verdwyn
 
Diep in die donker gang het ek na iets verlang
Ek het die wind hoor sing, lente sal liefde bring
Ek het die dag hoor kwyn, dis net die son wat nou verdwyn
En soos die aarde draai, sal 'n haan weer kraai
 
Accedi o registrati per pubblicare una traduzione
expand collapse Song details
lyricsbot lyricsbot
submitted on 24 Giu 2023 - 08:27

Traduzioni